SPESIALE AANBIEDINGE GELD TERWYL SUID-AFRIKA IN GRENDELTYD IS!



Avrio Kursusse wil aan elkeen die geleentheid bied om 'n kursus te doen en 'n sertifikaat te kry.

Die huidige grendeltyd in Suid-Afrika het tot gevolg dat een-tot-een kursusse nie aangebied kan word nie, maar selfstudie en LIVE ONLINE TRAINING is wel beskikbaar.

Lees gerus verder op die verskillende kursusse se blaaie om te sien watter spesiale aanbiedinge nou beskikbaar is sowel as watter aanbiedingsmetodes gevolg kan word. En praat met my as jy enige vrae het!

Ek, Zelna Naudé, is 'n gesertifiseerde Pastel On-Site Trainer en beskik oor die nodige kwalifikasies en akkreditasies om Pastel opleiding aan te bied.  Sertifikate as bewys is beskikbaar op aanvraag.  Lees gerus hier meer oor die ontstaan van my besigheid.

Kursusse beskikbaar - Pastel Partner Intermediate , Basiese Boekhou (Fundamental Bookkeeping) en Sage Business Cloud Accounting

Die sertifikate wat uitgereik word deur Pastel is SETA geakrediteer - lees hier meer oor die spesifieke SETA akkreditasie.

Kontak my gerus vir meer inligting.

Die vraag na Microsoft Office kursusse (Excel, Word ens) is groot en daarom het ek besluit om dit ook aan te bied.  Kyk gerus onder "Microsoft Office kursusse" vir die verskillende opsies wat beskikbaar is.

"Soft Skill" vaardighede is ook in aanvraag en kursusse daarvoor kan nou deur my gedoen word.  Lees gerus hier vir meer inligting daaroor.

Al die kursusse kan ook in groepe aangebied word by klein en groot besighede - en sal weer gedoen kan word na die "lock down".  Kyk bietjie onder "Corporate Training" vir meer besonderhede.